100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Stropers swaar gevonnis in Skukuza

Written by on January 27, 2025

Drie stropers is Vrydag deur die hof in Skukuza gevonnis.

‘n Veldwagter, Philip Gumede, wat sedertien oorlede is, is in Februarie 2019 deur ‘n kollega in die Krugerwildtuin opgemerk met twee passasiers waar hulle ‘n vierde man ontmoet.

Hulle is in twee voertuie is op die pad tussen Skukuza en Kruger Hek onderskep. ‘n Renosterhoring, jaggeweer, en messe is in die een voertuig ontdek. Die vier is gearresteer.

Die oorlewende drie beskuldigdes is op 16 Januarie skuldig bevind.

Sam Khosa (40) en Oddis Maluleke (46), ‘n Mosambiekse burger, is elk tot 22 jaar gevonnis vir ‘n reeks misdade, wat renosterstropery insluit.

Solly Selahle (30) moet vier jaar tronkstraf uitdien vir sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Khosa en Maluleke se skuldigbevindings sluit in aanklagte van betreding, sameswering om ‘n misdryf te pleeg, die dood van ‘n renoster, die besit van ‘n vuurwapen en die besit van gevaarlike wapens.

Maluleke is ook gevonnis vir die oortreding van die Immigrasiewet.

Luister:

Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaala, het die vonnisse verwelkom en het die ondersoekspan geloof.

Luister: 

Sien ook: https://www.radiolaeveld.co.za/twee-bly-in-aanhouding-weens-steroiedes-dwelms/