Deurbraak gemaak in moord op dokter voor gim
Written by Mireille on July 9, 2025
Die polisie het ‘n deurbraak gemaak in die ondersoek na die moord op ‘n dokter verlede jaar voor ‘n gimnasium in Nelspruit.
Dr. Nondumiso Sibanyoni (34) is die oggend van 20 November buite haar kar doodgeskiet.
Die polisie het gister ‘n 39-jarige verdagte in verband met die moord gearresteer.
Hy sal môre in die hof verskyn.
Die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, sê die motief vir die moord is onbekend.
Nog arrestasies word verwag.
Luister:
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, het die ondersoekspan geloof.
“Dit bewys weereens ons vasbeslotenheid om geslagsgebaseerde geweld hok te slaan.”