100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA vra OB om ondersoek in te stel na varsproduktemark

Written by on May 9, 2023

Die DA het die Openbare Beskermer versoek om ondersoek in te stel na die vertragings en koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark.
Konstruksie van die mark is 12 jaar gelede aangekondig.
Sedertien is meer as R2 miljard daaraan bestee, volgens Bosman Grobler van die DA in Mpumalanga.
Hy sê die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Mpumi Hlophe, het ook in die wetgewer, in antwoord op vrae, aangedui dat al die geboue slegs tussen 47% en 94% voltooi is.

Volgens Grobler is hulle besorg dat van die strukture reeds jare oud is, en daarom instandhoudingswerk benodig.
Hoe voer aan verder skuld het die departement Enzo Construction glo R332 miljoen.

Foto: Konstruksie van die varsproduktemark is 12 jaar gelede aangekondig.


×