100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA vra debat oor Thaba Chweu se nuwe tariewe

Written by on July 21, 2020

Die DA het ‘n mosie aan die speaker in Thaba Chweu-munisipaliteit voorgelê, wat vra dat die jongste tariefverhogings gedebateer word.
Inwoners moet sedert 1 Julie ‘n nuwe fooi van ongeveer R185 betaal voor hulle elektrisiteit kan koop.
Volgens Comfort Sibiya, die DA voorsitter in Thaba Chweu, kan inwoners dit bloot nie bekostig nie.
Mense in Graskop en Lydenburg het reeds hieroor geprotesteer.
Sibiya voer aan dat Nersa nie die verhogings goedgekeur het nie.
“Die munisipaliteit het erken dat hulle nie die nodige bevestiging van Nersa ontvang het om die heffings te implementeer nie,” sê hy.
Oor die proses voeg hy by dat die korrekte protokol nie gevolg is nie. “Die gemeenskap is nie genoegsaam gekonsulteer nie. Ons het enkele dae gehad voor dit goedgekeur is.”

Volgens Sibiya het die meeste inwoners van die nuwe fooi uitgevind toe hulle in Julie elektrisiteit probeer koop het.
Die mosie vra dat Thaba Chweu se raad die tariewe debatteer en moontlik ter syde stel.
“Ons vra ook die gemeenskap om die petisie te teken. Ons wil seker maak ons het genoeg handtekeninge van mense wat sê hulle kan dit nie bekostig nie. Dit is nadelig vir ons gemeenskappe.”
Thaba Chweu voer aan die heffings is nodig om hul skuld van R760 miljoen aan Eskom te delg.
Inwoners dring daarop aan om eerder direk by Eskom hul krag te koop.
Die DA wag tans vir die speaker om op hul versoek te reageer.
Themba Sibiya, woordvoerder van Thaba Chweu-munisipaliteit, het nie op navrae oor die tariewe en dienslewering gereageer nie.

Bronne: Themba Sibiya, Comfort Sibiya, Thaba Chweu-munisipaliteit.


×