100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curro Nelspruit wen groot met ‘Onsigbaar’

Written by on October 10, 2022

Curro Nelspruit se laerskool is Saterdag in Pretoria by die Curro Create Nasionale Jeugteaterfees as wenners gekroon met hul produksie, “Onsigbaar”.

Nie net is “Onsigbaar” as die beste produksie aangewys nie, maar hulle het ook goud gewen vir stelontwerp, kostuums, regie, die akteursensemble en tegniese aspekte.
Lees meer oor die produkse se pad na die finaal: Onsigbaar-span by nasionale Curro-teaterweek bekroon
Die uitgelese span beoordelaars het bekende plaaslike akteurs Lee-Ann van Rooi, Bianca Flanders en Stiaan Bam ingesluit.

Verder het die span met die beoordelaarstrofee weggestap, Leilah du Plessis is as die algeheel beste akteur aangewys en Marli Fritz en Danel Verwey is genomineer vir beste regie.


×