100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Coertse en Godrich nasionale kampioene na drama in Dullstroom

Written by on November 22, 2022

Chris Coertse en Greg Godrich is die 2022 Suid-Afrikaanse nasionale tydren-kampioene na ‘n dramatiese TRACN4-tydren die naweek in Dullstroom.

Die twee dae tydren in Mpumalanga was die finale rondes van die kampioenskap.

Die Rally Technic Mazda2-span kon nie Vrydag ronde 11 klaarmaak nie, maar Coertse en Godrich het Saterdag die finale ronde gewen en daarmee saam die tydren asook die nasionale titel.

2021 se wenners, Guy Botteril en Simon Vacy-Lyle van Toyota Gazoo SA, was algeheel tweede in hul Toyota Starlet 2000 AWD.

Salom Racing’s Theuns Joubert en Schalk van Heerden, in ‘n Toyota Yaris 2000 AWD, eindig derde.

In die NRC2-kampioenskap was Gerald Klopper en Johan Aucamp die wenners, met 10 punte meer as Anton Raaths en Mari Ducasse. Magriet Potgieter en Rikus Fourie was ‘n kortkoppie agter hulle om derde op die podium te staan.

Foto: JM Photography – Forever Memories


×