100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton het teen 2026 dalk weer sy eie munisipaliteit

Written by on April 20, 2023

Die Munisipale Afbakeningsraad nooi die publiek om hul opinies te lug oor veranderings wat aan munisipale grense in Mpumalanga voorgestel is.
Die voormalige Umjindi-area kan uit Mbombela-munisipaliteit verwyder word om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep.
Daar word ook beplan om Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni (Belfast/Machado/Dullstroom) saam te voeg onder ‘n nuwe, vierde distriksmunisipaliteit.
Chief Albert Luthuli (Carolina/Badplaas) sal ook by Ehlanzeni-distrik ingesluit word.

Philip Minnaar, DA-raadslid van Barberton, sê hoewel hulle ten gunste is van die voorstel, is dit ‘n baie komplekse saak.
Hy gesels met Ludi en Mireille. Luister weer hier:

Die publiek het tot 5 Mei om kommentaar te lewer. Stuur ‘n e-pos na [email protected].


×