100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Baanbrekerswerk gedoen met Penryn Online

Written by on May 26, 2021

Die Penryn Prep Online School het vroeër die jaar geopen vir gr. 4 tot gr. 7.
Dit gebruik interaktiewe tegnologie en ‘n nuwe kurrikulum wat kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (CAPS), die Onafhanklike Eksamenraad (IEB), en elemente van Cambridge kombineer.
Nicole Dos Santos, Penryn Online se departementshoof, sê vandag se kinders moet voorberei word vir die werksplek van môre, wat heel anders daar sal uitsien as waaraan mense vandag gewoond is.
Die nuwe kurrikulum wat hulle ontwikkel bied die leerlinge meer geleenthede en keuses.
“Dit word al geruime tyd beplan. Ons moet ons kinders begin voorberei vir ‘n toekoms waar hulle nie net een werk gaan hê nie, en dit nie noodwendig gaan doen in die plek waar hulle hulself bevind nie.”
Sy sê hulle gebruik alle tegnologie tot hul beskikking, van kontak met kenners tot virtuele toere.
“Daar is nie ‘n plek wat jy nie kan verken, niks waartoe ons nie toegang het nie. Die vraag is wat doen ons met die inligting wat ons vind? Is dit betroubaar en veilig?
“Penryn Online gee leerlinge die platform om dit veilig te verken en te onderskei hoe om dit die beste aan te wend.”

‘n Sterk klem word geplaas op die regte wêreld in die onderrig, wat kinders bekendstel aan die praktiese toepassings van wat hulle leer.
Dos Santos voeg by dat, hoewel daar verwagtinge en maatstawwe is, leerlinge gedeeltelik op hul eie pas leer – hetsy dit vinniger of stadiger is, na gelang van hul vermoë.
Daar is selfs tegnologie om leerlinge met uitdagings soos ADHD of gehoorverlies te help om die vaardighede te ontwikkel wat hulle nodig het om te leer.


×