100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Alles wat jy moet weet oor die All Black-toets voor 6 Augustus

Written by on July 13, 2022

Die All Blacks speel op 6 Augustus ‘n rugbytoets teen die Springbokke by Mbombela-stadion.
Stadionbestuurder, Roelf Kotze, het in die ateljee kom gesels oor die praktiese reëlings vir die dag.
“Die hele logistiek rondom die kos- en drankverkope doen ons saam met Andy-hulle van Innibos, want ons wil dit aangenaam maak,” sê hy. “Die idee is dat mense nie in die verkeer moet sit nie en eerder vroeër kom. Kom drie ure voor die tyd en geniet die stadion en die omgewing.
“Gaan vroeg in en kyk hoe die spanne opwarm sodat jy die hele belewenis het. Daar is genoeg te eet en te drink voor jy selfs in die stadion is.”
Hier is alles wat jy moet weet.

Waar kry ek kaartjies?
By die kaartjiekantoor by Mbombela-stadion (weeksdae 08:00 tot 16:00) of by Computicket. Kaartjies in die R1 000-prysklas sowel as suites is steeds beskikbaar.
Onthou om jou kaartjiebewys vooraf om te ruil vir die fisiese wedstrydkaartjie.

Is daar parkering binne die stadion?
Parkeerspermitte word uitgereik aan suite-kaartjiehouers en BBP’s.

Kan ek net buite die stadion parkeer?
Kom baie vroeg as jy agter Hall’s en op die sportvelde parkering wil kry.
“Kattebakbraai” word toegelaat – jy sal egter beperk word tot een parkeerspasie per voertuig.

Waar is die parkeer en ry-punte?
Kaartjiehouers word ten sterkste om hiervan gebruik te maak.
Die punte is (sover) by Laerskool Laeveld, Nelspruit Primary, Lowveld High School, Hoërskool Bergvlam, Church Unlimited, TUT, Valley Hyper, Hoërskool Nelspruit, Laerskool Nelspruit, Curro Akademie, Riverside Mall, Grove-winkelsentrum, Witiriver-rugbyklub, Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier.

Hoe laat gebeur wat?
Die stadion-area maak vanaf 10:00 oop.
Die stadionhekke open om 13:00.
Die wedstryd skop om 17:00 af.

Na watter vermaak kan ons uitsien vooraf?
Die B-veld word in ‘n kuierveld omskep met biertente, kosstalletjies en kunstenaars wat optree.
Daar is ook ‘n spesiale aanhangerspark (kaartjies is steeds beskikbaar) met dieselfde, net in ‘n meer eksklusiewe omgewing.

Sal daar genoegsame selfoonsein wees?
MTN en Vodacom het opgraderings gedoen.

Is daar Covid-19-beperkings in plek?
Nee, geen.


×