100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

All Black-toets bring inspuiting van honderde miljoene

Written by on July 22, 2022

Die afwagting bou op voor die All Blacks op 6 Augustus by Mbombela-stadion teen die Springbokke uitdraf.
George Stainton, die kommersiële bestuurder van die Pumas, sê die direkte ekonomiese impak op die area word beraam in die omgewing van R200 miljoen. Boonop bied dit ‘n groot bemarkingsgeleentheid.
Om dit ‘n sukses te maak, en in die toekoms dalk weer die geleentheid te kry om sulke groot rugbytoetse aan te bied, beplan hulle om die dag sowat 25 000 mense met parkeer- en ry busse te vervoer.
Hy het vanoggend met Gerhardt en Andri gesels tydens Sonop-ontbyt. Luister weer hier.


×