100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

AfriForum lê klagte oor Barberton-grondtransaksie

Written by on December 11, 2020

AfriForum het Vrydag aangekondig dat hulle klagtes van bedrog en korrupsie gelê het by die Nelspruit-polisiestasie teen twee maatskappye en ‘n direkteur oor grond wat glo vroeër vanjaar vir R34 miljoen aan die regering verkoop is.
Die deel van die plaas Biggar in Barberton het sedert 2011 glo drie keer van eienaar verwissel, elke keer vir ‘n groter bedrag.
Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, is die klagte een Bongani Louis Henry Sibiya, ‘n direkteur van beide Bongiveli Construction en Vantiblox.

Ander media het die afgelope weke wyd berig hoe die plaas, Biggar 644JT gedeelte 1, in September 2011 vir R12 miljoen aan Bongiveli verkoop is. Dit is in Januarie 2017 vir R15 miljoen aan Vantiblox verkoop.
In Maart 2020 het Vantiblox dit aan Mbombela-munisipaliteit verkoop vir R34 miljoen.
Volgens Chris Gouws, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, lyk dit asof die grond eers aan die tweede koper oorgedra is, nadat dit herverkoop is.
“Die aktenommers van die transaksies volg ook net ná mekaar, wat daarop dui dat die grond nooit aan Vantiblox oorgedra is tot ná die herverkoop daarvan aan die munisipaliteit plaasgevind het nie.
“Hierdie transaksie maak glad nie sin nie, veral nie as die belastingimplikasies van só ’n oordrag in ag geneem word nie.”
Bekker sê AfriForum sal aansoek doen om hulle privaat te vervolg, indien die staat die saak nie verder voer nie.



×