100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tenbosch bring nuwe mynaansoek na wildtuin

Written by on March 12, 2024

Tenbosch Mining het hul aansoek om steenkool in die Krugerwildtuin te myn, en wat hulle in 2022 terug getrek het, heringestel.

Lambert de Klerk, die hoof van omgewingsake by AfriForum, verduidelik dat ‘n nuwe konsultasiefirma, Kinopax, aangestel is om ‘n nuwe omgewingsimpakstudie te doen.

Daar is egter verskeie kommerwekkende kwessies m.b.t. die aansoek en die nakoming van relevante wetgewing, aldus De Klerk.

Luister hier:

Verskeie organisasies het oor die jare hul stem dik gemaak teen die volgehoue aansoeke vir mynlisensies in die area op die gronde dat dit vernietigende gevolge vir die onmiddelikke omgewing, Krokodilrivier, natuurlewe, die padnetwerk en landbou sou inhou.

De Klerk het destyds verduidelik dat hulle ‘n volgende aansoek vir mynregte in die area verwag.

Luister weer uit die argief: Maatskappy onttrek aansoek om by Krugerwildtuin steenkool te myn

Foto ter illustrasie


×