Mabuza begrafnis: Verkeersontwrigting tot Saterdag verwag
Written by Mireille on July 11, 2025
Die ontslape voormalige adjunkpresident en premier van Mpumalanga, David Mabuza, kry ‘n kategorie 2-staatsbegrafnis.
Die 64-jarige is verlede Donderdag na ‘n kort siekbed oorlede.
‘n Erewag word vandag gehou vanaf waar die R38 en R40 ontmoet by Barberton na Mabuza Huis om 14:00.
Saterdag word nog groot ontwrigting aan verkeer verwag wanneer sy openbare begrafnisdiens by Hoërskool Bergvlam plaasvind.
Desmond Moela is die woordvoerder vir die Mabuza-familie.
Luister:
Tydelike padsluitings is moontlik tussen 08:00 en 17:00.
Die R38 en R40 kan geraak word weens die toename in busse en voertuie, wat ‘n tekort aan behoorlike parkeerplek naby die skool gaan ervaar.
Die paaie direk rondom die skool word ook volgens berigte bedags deur die weermag afgesper.
Motoriste word aangeraai om die area te vermy en alternatiewe roetes te gebruik.
Securicon moedig motoriste aan om as ‘n voorsorgmaatreël van die paaie af te bly môre en selfs inkopies vandag eerder af te handel.
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting die hoofrede lewer.
Die openbare diens sal gevolg word deur ‘n private een vir die familie, na berigte in Barberton.