100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sabi Sand sê Nhenhe se skietdood was ‘onbedoeld’

Written by on June 17, 2025

‘n Beampte van die Sabi Sand-natuurreservaat (SSNR) is voorlopig geskors hangende ‘n ondersoek deur die Mpumalanga agentskap vir toerisme en parke (MTPA) na die skietdood van ‘n jong luiperdmannetjie verlede Sondagaand.

Die luiperd, genaamd Nhenhe, het verlede naweek al hoe nader aan ‘n woonkwartier beweeg en die Sondagaand glo toegang daartoe probeer verkry, wat die inwoners in gevaar gestel het. 

Die SSNR het aanvanklik gesê Nhenhe is van kant gemaak toe hulle hom nie kon verjaag nie. 

In ‘n nuwe verklaring sê hulle ‘n beampte het ‘n waarskuwingskoot afgevuur, maar die wapen is met ‘n regte patroon gelaai, eerder as ‘n rubberkoeël, en die dier is per ongeluk doodgeskiet. 

Hulle vermeld nou ook dat die luiperd deur rooibokkarkasse gelok is na ‘n grondeienaar in die reservaat rooibokke uitgedun het – met ‘n permit van die MTPA. 

Die luiperd het boonop teruggekeer terwyl die oorblywende karkasse verwyder is. 

Dit is toe dat die skoot afgevuur is. 

Die betrokke eiendom is nie omhein nie. 

Vernon Cresswell, die voorsitter van die reservaat se bestuur, sê in die nuwe verklaring die situasie moes anders hanteer word. 

Hy sê hul vorige verklaring was gebrekkig omdat dit belangrike besonderhede oor die voorval verswyg het. 

Dit sluit in die teenwoordigheid van die kosbron sowel as die eskalasie van die bedreiging en besluite wat onder druk geneem moes word in die nag. 

Cresswell was nie beskikbaar vir ‘n onderhoud oor die aangeleentheid met 100.5FM nie.

Foto: Graeme Mitchley


Continue reading