Vermeende stroper in Satara doodgeskiet, een aangekeer
Written by Mireille on June 16, 2025
‘n 31-jarige man is vroeg Saterdagoggend gearresteer weens onwettige vuurwapenbesit en betreding in die Krugerwildtuin.
Hy is in die Satara-gebied aangekeer toe veldwagters drie verdagtes naby die Ngotso-dam teëgekom het.
Die een het glo losgebrand en ‘n skietgeveg het uitgebreek waartydens twee verdagtes gewond is.
Een het later beswyk. Die derde verdagte het gevlug.
Daar is beslag gelê op onder meer ‘n jaggeweer, ammunisie, ‘n byl, mes en selfone.
Die oorlewende is onder polisiebewaking in die hospitaal en staar verskeie aanklagte in die gesig.
Die polisie soek steeds na die derde verdagte.
Daar word geglo al drie is onwettige immigrante van Mosambiek.