100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie polisiebeamptes borgtog toegestaan in Nelspruit-hof

Written by on June 13, 2025

Drie polisiebeamptes verbonde aan die Witrivier-blitspatrollie het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Hulle het Woensdag na bewering ‘n voertuig begelei waarmee dagga vervoer is.

Volgens die polisie is hulle, saam met die beweerde dwelmhandelaars, op die N4 naby Matsulu vasgetrek.

Die beamptes was aan diens, in uniform en in ‘n polisievoertuig.

Die 107 sake dagga is na raming miljoene werd.

Sers. Solomon Mebo, sers. Jabulane Mbuyane en konst. Lavandre LaReservee is elk borgtog van R1 500 toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 25 Julie.

Joel Mamba en Monica Zwane word afsonderlik van die polisie aangekla van dwelmhandel.

Hulle kan op 17 Junie vir borgtog aansoek doen.