100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende stroper in Krugerwildtuin geskiet

Written by on May 14, 2025

‘n 47-jarige man van Mosambiek is onder polisiebewaking in die hospitaal na sy arrestasie Maandag op aanklagte van onwettige jag in, en betreding van, die Krugerwildtuin.

Volgens die Mpumalanga polisie het veldwagters in Xitsalaleni-blok die spore van twee verdagtes gevolg.

Die een is geskiet en gewond.

Hy was in besit van ‘n jaggeweer, ammunisie en ‘n byl en sal binnekort in die Masoyi-hof verskyn.

Die ander verdagte kon vlug.