Bejaarde egpaar op Renosterkop-kleinhoewe aangeval
Written by Mireille on May 13, 2025
Verdagtes word gesoek na ‘n aanval op ‘n bejaarde egpaar op ‘n kleinhoewe by Renosterkop buite Mbombela gisteraand.
John Meintjies van ACS Spartan sê die besonderhede is tans onduidelik, maar die man is vasgebind en aangerand.
Hy skat die slagoffers in hul laat 70’s.
Dit is onduidelik hoeveel aanvallers daar was of wat gesteel is.