100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sewe wat sakeman met dood dreig bly in aanhouding

Written by on May 9, 2025

Sewe verdagtes het gister in die Mashishing-streekshof verskyn op verskeie aanklagte wat verband hou met die afvuur van wapens by die huis van ‘n sakeman wie glo met die dood gedreig is Dinsdag in Lydenburg. 

Die polisiebeampte by wie die sakeman die dreigemente aangemeld het is glo ook met die dood gedreig en hulle het glo ook gedreig om die Lydenburg-polisiestasie aan te val.

‘n Skietery het die aand plaasgevind by die klaer se huis. 

Volgens die polisie het hulle op die toneel beslag gelê op agt aanvalswapens, een aanvalsgeweer en meer as 400 rondes ammunisie. 

Kwenza Mkhize (31), Sphelele Sithole(40), Bongumusa Nzama (59), Mpilo Mhlongo(45) en Thembelani Sibisi (30) bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning, op 22 Mei, vir ‘n formele borgaansoek.

Een verdagte, Peter Tshoga (40), is tydens die skietery gewond en het in absentia verskyn terwyl hy in die hospitaal is.

Sien ook: Sewe vas wat sakeman glo met dood dreig in Lydenburg