Pastoor in oënskynlike sluipmoord doodgeskiet
Written by Mireille on March 6, 2025
‘n Prominente pastoor is gisteraand op die R536 in Cork Trust tussen Mkhuhlu en die Krugerwildtuin in ‘n oënskynlike sluipmoord doodgeskiet.
Dr. Ezrom Mathumbu is as ‘n bekende radiopersoonlikheid, politikus en sakeman beskryf.
Hy was ‘n lid van ActionSA.
Volgens die woordvoerder van die Mpumalanga polisie, brig. Donald Mdhluli, is hy verskeie kere geskiet terwyl hy in sy Toyota GD-6 bakkie gery het.
Niks is gesteel nie. Patroondoppies van ‘n jaggeweer is op die toneel herwin.
Luister:
Laevelder berig Mathumbu was voorheen ‘n gasvryheidbestuurder in die Krugerwildtuin en hy was ten tyde van sy dood op pad vanaf ‘n vergadering in die wildtuin.
Hy was tot verlede jaar verbonde aan Munghana Lonene FM.
Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.