100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Planne om laagwaterbrûe te lig

Written by on February 20, 2023

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke.
Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig.

Die Mlumatirivier-brug tussen Driekoppies en Schoemansdal op 11 Februarie.

Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is, besoek.
Hulle het onder meer Tekwane-Suid, die Mlumatirivierbrug tussen Driekoppies en Schoemansdal, die Shongwe-kosskool en die tydelike behuising vir ontheemdes by Masibekela besoek.
Lees ook: Grondgrype in die kollig na oorstromings
Volgens die premier moet die afdwing van munisipale bywette verbeter om tragedies in die toekoms te vermy.

Sy voeg by ‘n tekort aan stormwaterdreineringsinfrastruktuur het tot verdere skade gelei.
Hulle beplan om laagwaterbrûe te lig wanneer hulle herstel word.

Mense is aangemoedig om riviere, damme en strome te vermy.
‘n Nasionale ramptoestand is afgekondig.
Die adjunkminister van samewerkende regering, Thembisile Nkadimeng, bring vandag ‘n oorsigbesoek aan die skade in die provinsie.


×