100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Klas van 2022: Nellies behaal saam 415 A’s

Written by on January 25, 2023

Die Klas van 2022 by Hoërskool Nelspruit (NHS) het bo verwagting by die eise wat die Covid-19-pandemie en beurtkrag aan hulle gestel het aangepas om uitstekend te presteer in hul eindeksamen.
Die hoof, Johan Hattingh, het die onderwysers vir hul insette geloof, en die leerders vir hul toewyding en veerkragtigheid.
Die groep van 282 kandidate het ‘n slaagpersentasie van 99,6% behaal. In totaal het 93,9% (265) universiteitstoelating verwerf. Die ander 6,1% kwalifiseer vir diplomastudies.
Gesamentlik het die Nellies 415 onderskeidings behaal.
In slegs drie vakke het die groep nie ‘n 100% slaagsyfer behaal nie, opsigself ‘n uitsonderlike prestasie.

Nicolas Smook het nege A-simbole. Paul Harley, Dian Heyl en Jomarié du Toit het elk agt.

Jomarié vertel van die uitdagende ervaring.

Lana Bezuidenhout, Liza Buys, Jandré de Necker, Michiel Eksteen, Lerissa Grobler, Katrien Hiemstra, Conrad Joubert, MJ Lourens en Carla Schultz het elk sewe onderskeidings.
Sien ook: Topmatrieks vertel vertel van ervaring


×