100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister: Topmatrieks vertel van die op en af van afgelope drie jaar

Written by on January 20, 2023

Die klas van 2022 het ‘n slaagsyfer van 76,8% in Mpumalanga behaal, ‘n verbetering van 3,2% teenoor 2021 se 73,6%.
Landwyd het 80,1% van die gr. 12’s wat die eindeksamen afgelê het, geslaag.
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend die gedetaileerde uitslae by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak.
Hy het die groep, wat in hul gr. 10-jaar maande se skool gemis het weens die Covid-19-pandemie en lank op ‘n rotasiebasis klas moes loop, vir hul deursettingsvermoë, durf en toewyding geloof.
Majuba sê elk van die vier distrikte het ‘n verbetering getoon.

Ehlanzeni-distrik het ‘n slaagsyfer van 76,2% behaal, op van 75,6% verlede jaar. Die beste kring in Ehlanzeni is Mbombela met 91,6%.
Uit die 566 skole het 27 ‘n slaagsyfer van 100% behaal. Die skool wat die beste in die provinsie gevaar het, is Hoërskool Middelburg.
Phola Sekondêr in die White Hazy 2-kring in Ehlanzeni het die grootste verbetering getoon met 93,3% van hul matrikulante wat geslaag het, teenoor 52,9% in 2021.
Wikus van Biljon, van Hoërskool Nelspruit is in die top 10 in Mpumalanga en het vyf onderskeidings behaal.

Die skool se Conrad Joubert spog met ses.

Jomarié du Toit, die skool se Dux vir 2022, tel ook onder die topleerlinge in Mpumalanga.

Hoërskool Bergvlam het ‘n slaagsyfer van 99% behaal. Jacques Klopper is onder die top 10 kandidate in Mpumalanga met sy gemiddeld van 94% en agt onderskeidings.
Sadiyah Ameer, Razeena Nomani en Naledi Ramushu het elk sewe onderskeidings met Esther Ukpe wat ses kon behaal en Charlone Madonsela, Annmari Erasmus, Jeff Simango en Zaeem Patel met vyf onderskeidings elk.
Hoërskool Lydenburg het ‘n slaagsyfer van 99,4% met 150 onderskeidings. Amy de Faria en Juané Boshoff het elk sewe A-simbole.

 

Conrad Breitenbach en Kayleigh Joubert het elk ses. Marizelle de Klerk spog met vyf.
By Lowveld High het 105 leerlinge met universiteitsvrystelling geslaag. Samukelo Zwane was die toppresteerder met ses onderskeidings en die hoogste gemiddeld.

Hy is gevolg deur Danielle Naidoo met sewe onderskeidings en Takalani Ratshibvumo wat die derde beste in die skool gevaar het.
Hoërskool Rob Ferreira se Eleoné de Lange spog met ses onderskeidings.

Jenita Jimmy, Mikolas Arnoldi, Martin van Wyk, Chantelle Dhlamini en Thandolwethu Mbokodo het elkeen vier.

*Foto: Hoërskool Nelspruit


×