100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wysigingswetsontwerp wek kommer oor tuisonderrig

Written by on March 24, 2021

Die Pestalozzi Trust het hul kommer uitgespreek oor die wysigingswetsontwerp op basiese onderwyswette (BELA).
Die nuwe wetswysiging van die departement van basiese onderwys (DBO) ontlok kommer oor tuisskoling.
Pestalozzi Trust se voorsitter, Bouwe van der Eem, sê dit skep verskeie probleme: dit sal net by die kind se huis mág geskied, amptenare sal moet huisbesoek doen (wat inbreuk maak op mense se grondwetlike reg tot privaatheid), en gereelde assesserings waarvoor ouers die kostes moet dra is voorgestel.
Luister weer hoe Van der Eem met Sanett gesels oor die besonderhede.

Hy moedig tuisonderrig-ouers in Mpumalanga aan om insette te lewer deur by Liberty in Learning of die Pestalozzi Trust aan te sluit.
Die Pestalozzi Trust is in 1998 gestig om die regte en vryhede van ouers te beskerm wat tuisonderrig doen. Kontak hulle by pestalozzi.org of 071-192-6070 en besoek liberty-in-learning.org.
Vir inligting oor tuisonderrig in die Laeveld, kontak Riana by 072-391-2025. Sluit ook aan by groepe (WhatsApp) https://chat.whatsapp.com/7PrQjg7yzHK30sMF7bxt7K, (Telegram) https://t.me/lowveldhomeschoolinfogroup en (Facebook) https://www.facebook.com/groups/lowveldhomeschooling/?ref=share.


×