100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wyksraadlid doodgeskiet in Calcutta

Written by on September 26, 2023

‘n Wyksraadlid is doodgeskiet saam met nog ‘n man toe ‘n gewapende verdagte Saterdagaand by Tsema-Marhumbu in Calcutta op hulle losgebrand het.

‘n Derde persoon is gewond.

LUISTER DIE BERIG

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 55-jarige raadslid, Lot Nkuna (55), saam met David Matsane (52) in ‘n Volkswagen Polo gesit toe hulle aangeval is.

Die voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat ‘n manlike verdagte na bewering verby die slagoffers gestap het en toe skielik teruggekeer en begin skiet het.

Sewe gebruikte 9 mm patrone sowel as een lewendige rondte is op die toneel gevind.

Die liggaam van Nkuna, die wyksraadlid wat doodgeskiet is, was in die bestuurdersitplek en die van Matsane buite die voertuig.

‘n Derde slagoffer het skietwonde opgedoen en is na ‘n mediese fasiliteit geneem vir behandeling.

Besonderhede oor waar die gewonde man geskiet is, is tans onduidelik.

Die motief vir die skietery is in dié stadium ook nog onbekend.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Sien ook: Hare rys oor beoogde wysigings aan Padongelukkewet


×