100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Westend Superspar se besluit om die dra van maskers verpligtend te maak, kry teenkanting

Written by on April 8, 2020

Westend Superspar in Nelspruit het die wind van voor gekry oor hulle besluit om klante te verplig om maskers te dra, midde in die stryd om die verspreiding van die koronavirus te bekamp.

Die bestuur van Westend Superspar het aanvanklik aangekondig dat klante verplig gaan word om ʼn masker te dra wanneer hulle kom inkopies doen. Daar is selfs maskers beskikbaar gestel teen R35 per herbruikbare maskers vir klante wat nie ʼn masker het nie. Nie almal was ewe gelukkig met die besluit nie. Johan van der Walt, die bestuurder van Westend Superspar, sê hulle is uiteindelik deur die owerhede verplig om die besluit van die maskers te laat vaar. “Na die sluiting van Malelane Superspar het die werklikheid ingesink. Hierdie is nie bloot net iets wat ver weg gebeur en waarvan jy net oor die nuus hoor nie, die virus is ʼn realiteit. Daarom het ons die besluit om net persone met maskers op tot die winkel toe te laat geneem in die beste belang van ons personeel en die publiek.

Ongelukkig het ons toe nie die goedkeuring gekry wat ons verwag het ons sou kry nie. Ons is ingelig dat wetgewing dit nie toelaat nie. Al beperking wat wel toelaatbaar is, is die een meter sosiale afstand wat deurentyd gehandhaaf moet word. Ons ontsmet ook klante se hande wanneer hulle die winkel binnekom,” sê Van der Walt. Hy het bygevoeg dat die winkel geen tekort van enige aard het nie. Aflewerings vind normaalweg plaas en daar is geen logistieke probleme nie. Baie van die personeel is van publieke transport afhanklik en daarom gaan hulle reeds om vyfuur in die middag huis toe. Daar is egter ander bestuurslede wat dan inspring en hulle take oorneem totdat die winkel om 8 uur sluit. “Ons is steeds hier om die publiek te dien,” het Van der Walt almal gerusgestel.


×