100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Weerdiens monitor tropiese storm Freddy voor hy in Mosambiek aanland

Written by on February 23, 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê tropiese storm Freddy behoort die noord-oostelike dele van die land vanaf vroeg Saterdag tot Maandag te affekteer.
Die grootste impak word in Vhembe en Mopani in Limpopo verwag met swaar reën van tussen 200 mm en 400 mm sowel as sterk winde.
Ehlanzeni-distrik sal na verwagting tot ‘n mindere mate geraak word, maar gegewe die beduidende oorstromings wat die afgelope weke reeds in die area ervaar is, kan die impak katastrofies wees.
Weervoorspeller, Molebohene Manthata, van die SAWD gee hul huidige vooruitsig.
Luister weer hier.

Mosambiek het ‘n rooi waarskuwing uitgereik oor Freddy.
Hy word tans geklassifiseer as ‘n matige tropiese storm en sal na verwagting versterk tot ‘n hewige tropiese storm teen môre wanneer hy in die suide van Mosambiek tussen Govuro en Vilankulos land.
Foto: ‘n Satelietfoto van Freddy vanoggend


×