100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wat om te weet wanneer jy die NKW die feestyd besoek

Written by on December 14, 2022

SANParke het ‘n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) die feestyd na te kom.
Woordvoerder, Ike Phaahla, sê daaglikse kwotas geld vir dagbesoekers by die toegangshekke.
Daar is drie tydgleuwe vir voorafbesprekings.

Voertuie word ook by die toegangshekke en op plekke binne die reservaat deursoek.

Volgens Phaahla word geen drank toegelaat nie aangesien die alkoholverbod op openbare areas in die park ‘n reël is wat permanent van krag is.
Hy het ‘n beroep gedoen op alle besoekers om by die spoedgrens binne die wildtuin te hou.


×