100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vyfjarige verdrink in Masoyi weens Eloise

Written by on January 25, 2021

‘n Vyfjarige dogtertjie is die naweek dood toe sy deur ‘n waterstroom in Masoyi, naby Hazyview, meegesleur is.
Volgens George Mthethwa, woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, is sy die enigste bevestigde sterfte in Mpumalanga weens oorstromings wat deur tropiese storm Eloise veroorsaak is.
Daar val al die afgelope twee dae uitermatig baie reën in die Laeveld, met verskeie paaie wat oorstroom het.
Mthethwa sê die voorval is deur ooggetuies en foto’s bevestig. Die polisie speur nog haar familie na.
Veertien huise in Calcutta naby Bosbokrand is erg beskadig deur die storm, en nege mense is beseer.
Verskeie gesinne van Mkhuhlu buite Hazyview moes ook van tydelike behuising voorsien word, na hul huise skade gely het.

Volgens Mthethwa is hulle tans nog besig om te bevestig presies hoeveel gesinne hulp benodig.
Die storm het ook verskeie paaie en kragdrade beskadig.
TRACN4 sê hulle kan nie bevestig hoe lank die pad tussen Elandsvallei en Ngodwana gesluit sal wees nie.
Die pad is Sondagaand reeds toegemaak, op advies van ingenieurs.
Volgens Solange Soares het sowat 160 mm in die area tussen Sondag en Maandag geval wat ‘n flitsvloed veroorsaak het. Bome is ontwortel, en die pad se infrastruktuur is beskadig.

TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, het die toneel Maandag besoek. Hy sê dat die skade nie weens swak vakmanskap aangerig is nie.
“’n Stroompie wat onderdeur die pad loop het na die swaar reën Sondag oorstroom en materiaal onder die padoppervlak weggespoel.”
Schoemanskloof moet tot verdere kennisgewing gebruik word deur mense wat tussen die Laeveld en Hoëveld op die N4 reis. Die herstelwerk aan die pad het reeds begin.


×