100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier Paasfees met Crux by Church Unlimited

Written by on April 12, 2022

“Crux: The Musical” word Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited.
Dit is sanger, liedjieskrywer en komponis Lizanne Barnard se eerste teks, en sê dit is die grootste produksie wat sy al aangepak het.
Die bekende Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word.
Die musiekteaterproduksie wemel ook van plaaslike talent, met twee kore (Nocoré Ensemble en die Church Unlimited koor), dansers en soliste uit die omgewing wat daarin verskyn sowel as ‘n rock-groep en klassieke orkes – bykans 50 musikante.
Barnard het met Ludi gesels. Luister weer hier.

Visueel gaan dit ook treffend wees. Moet dit nie misloop nie, hierdie Vrydag Saterdag en Sondagaand. Kaartjies is beskikbaar by Quicket, die kerkkantoor of Que’s Café in Sonpark.


×