100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vriend aangekla na hy glo pensioengeld steel

Written by on October 11, 2023

‘n Man het in die hof in Nelspruit verskyn op aanklag van diefstal onder valse voorwendsels, nadat hy glo sy vriendin se pensioengeld gesteel het.

Volgens die polisie in Mpumalanga het Christopher Masereka, wat ook bekend is as Moses Mawaza, sy 46-jarige vriendin oortuig om haar pos as onderwyser te bedank en haar pensioengeld in sy logistieke besigheid te belê, maar hy het daarna verdwyn.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, sê sy het die kontant onttrek en oorhandig, maar Masereka het sy adres en later sy kontaknommer verander.

Hy is Sondag aangekeer.

Volgens Mohlala ondersoek hulle ook of Masereka, ‘n Ugandese burger, wettig in Suid-Afrika is.

Luister:

Sien ook:  Vermeende transitorower gee homself oor


×