100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende stroper vas in Sabi Sands

Written by on March 16, 2022

Veldwagters is deur die provinsiale polisiekommissaris geloof vir hul bydrae om Maandag ‘n vermeende stroper in die Sabi Sands privaat natuurreservaat aan te keer.
Volgens die polisie is twee mans met vuurwapens deur twee veldwagters opgemerk. Toe hulle, hulle beveel om te stop, het een verdagte gevlug. Die ander een is aangekeer.
Hy was glo in besit van ‘n jaggeweer, knaldemper en mes.
Hy sou in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op klagte van die besit van ‘n gevaarlike wapen, die onwettige besit van ‘n wapen en ammunisie, asook betreding.
Daar word nog na die voortvlugtige gesoek. Enigiemand met inligtig is gevra om speurder konst. Eclass Masiya te kontak by 076-082-5074.
Luit. gen. Semakaleng Manamela het die veldwagters geloof vir hul rol in die arrestasie.
Sy het ook die swaar vonnis verwelkom van ‘n 35-jarige man wat gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Graskop 35 jaar tronkstraf opgelê vir die moord, op 3 September 2020, op die ma van sy seun.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, word hul name weerhou om die kind se identiteit te beskerm.
Die man het die 32-jarige vrou die betrokke aand in Marite naby Bosbokrand doodgesteek, in bosse versteek en gevlug. Haar liggaam is twee dae later deur ‘n verbyganger gevind.

Haar familie het haar as vermis aangegee toe sy nie teruggekom het huis toe nie.
Die man was in besit van haar persoonlike items toe polisie hom op 7 September daardie jaar opgespoor het.
Hy is 20 jaar vir moord, 15 jaar vir roof en vyf jaar vir regsverydeling opgelê. Die vonnisse vir roof en regsverydeling sal samelopend uitgedien word.


×