Vermeende stroper moet 10 jaar tronk toe
Written by Mireille on June 2, 2025
‘n Vermeende stroper is Vrydag tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis deur die Skukuza-streekshof.
Cornelius Collen Mofokeng is in Junie 2016 saam met twee ander verdagtes deur veldwagters in die Stolznek-area van die Krugerwildtuin aangekeer.
Hy het verdwyn na hy borgtog toegestaan is en is in 2022 herarresteer.
Mofokeng het metteryd skuldig gepleit op sewe aanklagte wat verband hou met die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie sowel as sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
Een van sy medepligtiges, Sizwe Mduduzi Mathebula, het vroeër skuldig gepleit en die ander een, Surprise Mashele, is steeds op vrye voet.