100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valke loods mannejag na moord op polisiebeampte

Written by on June 3, 2025

Die Valke in Mpumalanga het ‘n mannejag van stapel gestuur na die moordenaars van ‘n polisiebeampte Vrydagaand.

Konst. Khulani Chabangu (29) was aan die Volksrust-polisie verbonde.

Hy was van diens af toe hy ‘n barbier besoek het in Lillydale Trust, Calcutta.

Volgens die polisie het twee gewapende aanvallers die plek binnegestorm en klante van hul selfone beroof.

Hulle het hom instruksie gegee om sy klere uit te trek en met sy klere en karsleutels gevlug. Hy het hulle na buite gevolg en is verskeie kere geskiet.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, het in sy private voertuig van die toneel af gevlug. 

Die voertuig is daar naby agtergelaat.

Luister:

Die polisie in Pienaar ondersoek ‘n ook skietvoorval by die huis van ‘n plaaslike wyksraadslid in die Oggo-area in die vroeë oggendure Saterdag.

Die klaer en sy gesin het geslaap toe skote afgevuur is.

Volgens die polisie het die koeëls ondermeer die motorhuisdeure en ‘n slaapkamervenster getref.

Die verdagtes het te voet gevlug.

Die klaer se voertuig is ook beskadig.

Niemand is beseer nie.

Die motief vir die aanval is op hierdie stadium onbekend.