100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes aangeval na grumoorde in Mpumalanga

Written by on February 20, 2023

‘n Man is gistermiddag in Barberton gearresteer na hy betrap is met die liggaam van ‘n 19-jarige vrou in ‘n swart plastieksak.
Hy was glo besig om dit in ‘n trollie na die stortingsterrein te stoot toe verbygangers agterdogtig geraak het.
Die 38-jarige verdagte moes deur die polisie gered word van ‘n woedende skare wat hom aangerand het.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, verduidelik hoe dit gebeur het.

Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.
Drie mense is Saterdag ook in Vaalbank vermoor, na vermoede deur gemeenskapslede, na die liggaam van ‘n vermiste agtjarige dogtertjie in ‘n pittoilet ontdek is.
Die 53-jarige Zele Papo Machika, sy vriendin Pauline Maubane (51), en haar 32-jarige seun, Thabo Maubane, is moontlik gestenig.
Nomsa Sambo (8) is Sondag, 12 Februarie, as vermis aangemeld.
Volgens die polisie is Machika glo gesien waar hy Nomsa na sy huis toe dra.
Hy is Maandag ingeneem vir ondervraging.
“Hy het alles ontken en daar was nie voldoende bewyse om hom aan te kla nie,” sê Mohlala.
Hy is laat gaan.


Haar liggaam is vroeg Saterdagoggend glo deur gemeenskapslede gevind. ‘n VW Jetta 4 en Ford Bantam-bakkie wat aan Maubane behoort, is tydens die aanval aan die brand gesteek.
Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Speedy Mashilo, ‘n beroep gedoen op die publiek om nie die wet in eie hande te neem nie.
Woordvoerder, Moeti Mmusi:

Niemand is nog aangekeer nie.


×