100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mense aangemoedig om diere in te ent teen hondsdolheid

Written by on September 28, 2021

Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag.
Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land.
Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of ander troeteldiere. “As die dier siek is, is hule meer aggressief en sal hulle makliker in ‘n geveg betrokke raak en dan word die hond of kat gebyt.”
Luister weer hier na watter simptome om voor uit te kyk, en wat jy moet doen as jy moontlik in kontak met die virus kom.


×