100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Universiteit van Mpumalanga vier 10de bestaansjaar

Written by on November 3, 2023

Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) vier vandag sy 10de bestaansjaar.

Die universiteit het, na sy stigting in 2013, die eerste studente in 2014 ingeneem en gegroei van 169 tot 8 442 vanjaar.

Die aanbieding van drie akademiese kwalifikasies het ook gegroei tot 65 tans.

Die visiekansellier, Professor Thoko Mayekiso; adjunk-hoofregter en kansellier, Regter Mandisa Maya; die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela; en die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die amptelike seremonie bygewoon.

Tlangelani Ubisi, van die UMP gesels met Sonop Ontbyt.

Luister weer hier:

Sien ook: Plaaslike fotograaf beleef Wêreldbeker sege

Vinnige feite:

Sedert het 2014 het 4 485 studente aan die UMP gegradueer.

Die universiteit het in 2022 twee toekennings van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang wat erkenning gee aan Suid-Afrikaanse navorsingsinstellings vir die mees verbeterde navorsingsprestasie.

UMP is in 2023 bekroon met die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se uitvoerende hoof se Erkenningstoekenning, wat erkenning gee aan ‘n Suid-Afrikaanse navorsingsinstelling wat voorheen die Excelleration-toekenning gewen het en sy vordering en verbintenis daartoe voortgesit het.

NNS-gegradeerde navorsers het van een in 2014 tot 13 in 2023 toegeneem.

52% van UMP se akademiese personeellede het doktorsgrade.

UMP-personeel het van 12 in 2014 tot 595 in 2023 toegeneem.

Die universiteit het die afgelope 10 jaar 32 vennootskappe met internasionale universiteite gevestig, waarvan 11 in Europa, nege in Asië, agt in Afrika, vier in Noord-Amerika en twee in Australië is.


×