100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tweede verdagte vas vir polisieman se moord

Written by on January 5, 2022

‘n Verdagte is Maandag in Barberton aangekeer vir die dubbele moord op speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi.
Hulle is op 17 Oktober 2021 by Zanni Tavern doodgeskiet. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde.
Lifa Blessing Nkosi (42), ‘n voormalige Mbombela-wyksraadslid, is in November daarvoor aangekeer en is sedertien in aanhouding.
Volgens die Valke se kapt. Lloyd Ramovha sal die 32-jarige verdagte vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.

‘n 28-jarige verdagte is ook aangekeer vir ‘n sakeroof wat Dinsdag by ‘n poskantoor naby Bosbokrand uitgevoer is deur ‘n groep van ongeveer 10 gewapende mans.
Volgens brig. Selvy Mohlala het hulle die werknemers beveel om op die vloer te lê en die een gedwing om die kluis oop te maak. Skote is lukraak afgevuur wat paniek veroorsaak het.
Hulle het met kontant gevlug in drie voertuie met vervalste nommerplate.
Die verdagte is in die BMW, en in besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n reeksnommer, aangekeer.

Die Ford Ranger is by Kildare Trust opgespoor waar dit agtergelaat is nadat dit in ‘n ongeluk betrokke was. Volgens Mohlala is dit voorheen in Masoyi gekaap.
Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak by 082-469-2569 of 082-319-9843.
Die polisie soek ook na ‘n groep mans wat drie susters Oujaarsaand beroof het.
Hulle was Vrydagaand om 20:30 by Cunningmore naby Bosbokrand te voet op pad na ‘n partytjie toe vyf gewapende mans hulle in ‘n wit Toyota Hilux sonder registrasienommer in forseer het. Hulle is na nabygeleë bosse geneem en gedwing om hul klere uit te trek.
Volgens die polisie is twee selfone, ‘n paar tekkies sowel as ‘n bankkaart gesteel. Enigiemand met inligting is gevra om om die polisie te kontak by 071-219-2641.


×