100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee vermeende renosterstropers verskyn in Skukuza

Written by on September 23, 2022

Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhorings, ongelisensieërde vuurwapens en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie.
Sergio Mathebula en July Sihlangu, beide 32 jaar oud, is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is hulle met behulp van ‘n helikopter opgespoor na veldwagters inligting ontvang het dat hulle die park onwettig betree het.

Hulle sal Woensdag vir borgtog aansoek doen.
Gister was ook Wêreldrenosterdag. Lara Rall van die WWF het in die 100.5FM-ateljee kom gesels.
Luister weer: Sukses met swartrenosterbevolking


×