100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende diewe op heterdaad betrap by i’langa

Written by on December 14, 2023

Twee vermeende diewe is gister op heterdaad betrap met vyf baadjies ter waarde van sowat R7 000 wat hulle na vermoede by ’n klerewinkel in i’langa Mall gesteel het.

Volgens die polisie is hulle in hegtenis geneem nadat hul bewegings noukeurig gemonitor is, weens bewerings dat hulle by ‘n reeks winkeldiefstalle in Riverside Mall betrokke was.

Hulle het die items in ‘n papiersak wat met foelie uitgevoer is versteek om te verhoed dat merkeropsporing by die deur die klere optel voor lede van sigbare polisiëring in Nelspruit hulle in ‘n hoek vasgekeer het.

Ondersoekbeamptes glo dat hulle ook betrokke kan wees by gevalle van sakeroof waar selfone gesteel is, sowel as gewapende rooftogte waartydens hul VW Polo gebruik is.

Die twee wat op heterdaad betrap is sal na verwagting Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Sien ook: Kwotas geld vanaf Vrydag in Krugerwildtuin vir feestyd

 


×