100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee transitorowers noodlottig gewond tydens aanval

Written by on July 5, 2021

Twee transitorowers is Saterdagoggend doodgeskiet tydens ‘n mislukte rooftog in Mkhuhlu.
Volgens inligting is die G4S-geldwa om ongeveer 10:00 deur ‘n onbekende aantal verdagtes aangeval.
Die voertuig kon wegjaag. Die taktiese ondersteuningseenheid wat dit vergesel het, het op die toneel agtergebly en in ‘n skietgeveg betrokke geraak met die aanvallers. Twee is noodlottig gewond.
Een lid van die eenheid is in die hand gewond. Die ander verdagtes kon vlug. Geen kontant is gesteel nie.
Tweede verdagtes is ook tot dusver aangekeer weens ‘n mislukte transitoroof wat vroeg die oggend van Donderdag 6 Mei op die R40 tussen Mbombela en Barberton plaasgevind het.
Op dié dag is twee G4S-sekuriteitswagte in die skietery met die verdagtes gewond.
Hulle het weggery en heelwat verder tot stilstand gekom. Geen kontant is ook in hierdie aanval gesteel is nie.
Die R40 tussen Mbombela en Barberton was vir ure gesluit vir verkeer en omstanders het geskok vertel hoe die skote geklap het.
‘n Toyota Hilux is op die toneel gekaap, waarmee die verdagtes gevlug het. Volgens die Valke is die voertuig in Barberton agtergelaat, waar ‘n VW Polo gekaap is waarmee hulle verder gevlug het. Dít is later tussen Witrivier en Kabokweni teruggevind.
Twee Mercedes’e-sedans is op die toneel agtergelaat. Een is in Brooklyn, Pretoria, in Maart gekaap en die ander in Mamelodi in Mei.
Die plaaslike kriminelerekordsentrum het een verdagte later geïdentifiseer. ‘n 33-jarige man is verlede week in hegtenis geneem, na die Valke hom kon koppel aan die misdaadtoneel en poging tot moord.
Die eerste verdagte is in Junie aangekeer en aangekla van motorkaping.


×