100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee mans dood in skietery in Mbombela

Written by on August 23, 2021

Twee mans is gisteraand in Mbombela dood en een is gewond tydens ‘n skietery in die sakekern naby ‘n bekende kuierplek.
Volgens ER24-ambulansdienste is hulle om ongeveer 21:45 na die toneel ontbied.
Een man is buite die kuierplek in Branderstraat gevind met ‘n skietwond aan sy been. Hy is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die oorledenes is in die straat gevind: Een met ‘n skietwond aan die kop en die ander aan sy bo-been.
Beide het reeds aan hul wonde beswyk.
Een-en-dertig verdagtes sou vandag in die Middelburg-hof verskyn het op klagte van openbare geweld en oortreding van die wet op rampbestuur na geweldadige proteste verlede week.
Twee vragmotors, ‘n bus en ‘n minibus is aan die brand gesteek en verskeie paaie is geblokkeer met brandende bande in Middelburg, Mhluzi en Hendrina.
‘n Groep het ook probeer om die Mhluzi-polisiestasie aan te val en die N11 is tydelik gesluit vir motoriste.
Woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê daar was vanoggend ook sporadiese aksies.

LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, en die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die misdadigheid veroordeel.
‘n Tweede verdagte het Vrydag vir moord en poging tot moord op twee polisiebeamptes in Tonga in die hof verskyn.
Die voorval het verlede Maandag plaasgevind toe rowers op hulle geskiet het. Beide polisielede is gewond. Konst. Amos Themba is verlede Sondag weens sy wonde dood.
Hezekiel Knowledge Mngono het reeds in die Tonga-landdroshof verskyn en kom weer 24 Augustus voor.
Die 30-jarige Lwazi Mabuza, wat Woensdag in Shoshanguwe, Pretoria aangekeer is, sal dan weer saam met hom in die hof in Tonga verskyn.


×