100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee aangekeer wat glo mediese student in Elukwatini vermoor

Written by on July 12, 2022

Twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord op ‘n 26-jarige mediese student in Elukwatini.
Wiseman Zwane was besig met sy opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy liggaam is verlede Woensdag, 6 Julie, met steekwonde in ‘n rivier in Nhlazatshe ontdek.
‘n 18-jarige het gister in verband met die moord in die Chief Albert Luthuli-landdroshof verskyn.
‘n 17-jarige wat ook aangekeer is, is tans onder polisiebewaking in die hospitaal na hy glo deur gemeenskapslede aangerand is voor sy arrestasie.
Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê die hofsaak is uitgestel tot 19 Julie vir ‘n formele borgaansoek.


×