100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRACN4-tydren beloof verhoogde toeskouer interaksie

Written by on November 11, 2024

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap (NRC) sluit ‘n opwindende seisoen af met die langverwagte 2024 TRACN4-tydren hierdie Vrydag en Saterdag in die skilderagtige Dullstroom.

Die intense kompetisie en ruwe terrein beloof ‘n opwindende eindstryd vir tydren-aanhangers en motorsport-entoesiaste as die laaste been van die NRC.

Vanjaar se kampioenskap, wat in Mei afgeskop het, is erg mededingend.

Die  adrenalien-belaaide dae dek ongeveer 160 km van sommige van die mees uitdagende terrein in die Mpumalanga-woude. Dit toets spoed, presisie, uithouvermoë en strategie.

Die resies skop Vrydag vanaf die Milly’s-vulstasie op die N4 af. Saterdag se aksie begin by The Oval in Dullstroom – wat bydra tot die tradisie van asemrowende beginpunte in historiese liggings.

Dullstroom se hoë ligging en onvoorspelbare weer voeg dikwels ‘n addisionele dimensie by.

Vanjaar kan aanhangers ook uitsien na nuwe kenmerke, soos die deelname van die nuwe NRC 1 VW Polos wat nie in die 2023 gesien is nie.

Vanjaar se geleentheid sal ook fokus op die verhoging van aanhangersbetrokkenheid deur meer interaktiewe sosiale media dekking en verbeterde toeskouer fasiliteite, om ‘n onvergeetlike ondervinding te verseker.

Buiten die motorsportskouspel, het die TRACN4-tydren ‘n belangrike gemeenskapsgeleentheid vir eMakhazeni geword, sê Solange Soares, die kommunikasiebestuurder van TRAC N4.

Luister weer:

Sedert 2020 ondersteun dit onder meer die Dullstroom Epilepsiesentrum, wat ‘n belangrike rol speel om individue en gesinne wat met epilepsie leef, te ondersteun.

Kry die volledige program hier:

Foto: Verskaf

Sien ook: Refentse se Blue Tick is tops op Top 20


×