100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC gereed vir besige Paasnaweek

Written by on March 30, 2021

Die Paasnaweek is om die draai en TRAC is gereed vir die hoë volumes verkeer wat verwag word.
Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dié naweek is histories die besigste op die N4 tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo.
TRAC doen wat hulle kan om verkeersopeenhopings te verhoed en skop Donderdag hul bewusmakingsveldtog oor padveiligheid af by Alzu.
Nooddiensspanne sal ook op die besigste dae op strategiese punte op die roete op bystand wees om hul reaksietyd te

Die besigste tye sal na verwagting wees op Donderdag 12:00 tot 22:00 met die swaarste volumes vanaf 19:00, Vrydag 08:00 tot 13:00 en weer Maandag tussen 11:00 tot 22:00.
TRAC werk ook saam met die bestuur van Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte om verkeersvloei te bestuur.
“Gegewe dat daar tot op hede nog geen aanduiding was of die grensposte vir 24-uur operasioneel sal wees oor die Paasnaweek nie, word reisigers aangemoedig om hul reise daarvolgens te beplan,” sê sy.
Alle padwerke sal ook vir die langnaweek gestaak word. Die enigste stop-rypunte sal in sekere areas tussen eMalahleni en Middelburg in plek wees.
Die verkeersbeheerpunt by Coopersdal sal moontlik 30-minuut vertragings veroorsaak.
Taxi’s sal by die Komatipoort-vliegveld geprosesseer word, en vragmotors en busse by KM 7.
Bestuurders wat na Komatipoort, die Nasionale Krugerwildtuin of Ngwenya Lodge reis, is aangeraai om eerder die Tenbosch-afdraai en R571 te gebruik om oorbodige verkeer op die N4 te verminder.
Kontak TRAC vir hulp by 0800-872-264 in Suid-Afrika of +258-843-434-346 in Mosambiek.


×