100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Taxi-geweld in Mbombela se sakekern

Written by on June 29, 2020

Motoriste is gevra om die area rondom die taxistaanplek in Mbombela se sakesentrum te vermy.
Verskeie paaie is sedert vanoggend in die area versper.
Volgens Cyril Dlamini, woordvoerder van die provinsiale departement van openbare werke, het dit te make met die taxivereniging Santaco se lede.
Hulle het gister aangekondig dat hulle weer 100% van hul kapasiteit passasiers wil vervoer.
Jacques Meiring van Divergent Ops het gewaarsku dat Samora Machelrylaan ook afgesper is naby Hoërskool Nelspruit se sportgronde en dat vullis in die pad gebrand word.
Volgens Dlamini moet die areas liefs vermy word. Die polisie is op die toneel.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het ‘n beroep op die minibustaxibedryf gedoen om hul aksie te heroorweeg, aangesien die reël van slegs 70% passasiers ingestel is om mense teen Covid-19 te beskerm.
Santaco het gedreig dat hulle sal staak as wetstoepassers met hulle inmeng.
Mbalula het gemaan dat hulle protesaksies binne die wet moet bly.
Die minister het Maandag vir eNCA gesê dat hy weet die industrie ervaar finansiële druk. “Dit is moeilike tye, dit is hoekom ons die verligtingsfonds vir hulle aangekondig het.
“Ek weet dit is nie genoeg nie, maar ons moet verantwoordelik wees.”
Volgens Dlamini het hulle berigte van geweld ontvang, en wetstoepassers is ontplooi.
“Die regulasies bly in effek,” verduidelik hy. “Ons kan minibusse nie toelaat om heeltemal vol te wees nie, vir reisigers se veiligheid.
“Enigiemand wat teen dit gaan, sal met die gereg te doene kry.”


×