Tailor – Trust

Written by on March 30, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Tailor het in 2018 na Londen verhuis, nadat sy voor duisende mense opgetree het by die ikoniese Hammersmith Apollo as deel van Johnny Clegg se Final Journey-toer.

Britse aanhangers het sedertdien hierdie onkonvensionele kunstenaar se werk gevier met optredes by die bekroonde Bedford in Balham wat vir Ed Sheeran bekend gemaak het, die gewilde Halfmoon in Putney waar The Who, U2, en Rolling Stones al opgetree het en The Troubadour waar Bob Dylan se eerste konsert in Londen gehou is.

Tailor is vir twee weke lank in Suid-Afrika vir haar eksklusiewe #1000MILESTOUR.

Hier sal sy gehore kom vermaak met haar enigmatiese vertoning en musiek vanaf haar drie bekroonde albums: The Dark Horse, Light en Trust Part 1, asook nuwe liedjies wat sy geskep het saam met wêreldbekroonde musikante en vervaardigers.

’n Aanhanger het eenkeer vir Tailor gevra hoekom sy so stil is voor haar vertonings, waarop sy geantwoord het: “Om my stem te spaar, sodat ek op die verhoog kan skree!”

TAILOR #1000Milestour-program

APRIL

Vrydag die 20ste – Barnyard, Rivonia @ 8nm – kaartjies teen R150.00 by barnyardtheatre.co.za of 087 236 3088

Saterdag die 21ste – The Music Box, Observatory @ 7nm – kaartjies teen R450.00* sluit drankies, aandete ensovoorts in soos onder genoem – besprekings by [email protected] of 082 4789 555

*SOVEEL SOOS WAT JY KAN DRINK, aandete (smaaklike vegetariese spyskaart), vertoning, tee/koffie en koek, jou donasie is R450.00 per persoon.

Maandag die 23ste – Barnyard, Silverstar @ 8nm – kaartjies teen R150.00 by barnyardtheatre.co.za of 010 593 0744

Dinsdag die 24ste – Café Roux, Kaapstad @ 8.30nm – kaartjies teen R150.00 by caferouxsessions.co.za

Donderdag die 26ste – Café Roux, Noordhoek @ 8.30nm – kaartjies teen R150.00 by caferouxsessions.co.za

Sondag die 29ste – Cottage Club, Vishoek @ 5nm – kaartjies teen R150.00 by [email protected] of 021 782 0931

MEI

Woensdag die 2de – Barnyard, Cresta @ 8nm – kaartjies teen R150.00 by barnyardtheatre.co.za of 011 478 5300

Donderdag die 3de – Die Blou Hond, Pretoria @ 8.30nm – kaartjies teen R190.00 of R390.00 by http://www.casatoscana.co.za/events-shows/events
R190 vir die vertoning met springmielies, welkomdrankies, koffie en tee OF met ’n aandete-opsie teen R390 per persoon.

Saterdag die 5de – Radium Beer Hall, JHB @ 9nm – kaartjies teen R150.00 by Andy 083 542 1044 of

[email protected]

TAILOR se besonderhede

Webblad: www.Thisistailor.com

Facebook: www.facebook.com/thisistailor

Twitter: @thisistailor

Instagram: @thisistailor

TAILOR-toer se hutsmerke

 

#1000Milestour

#ThisIsTailor

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background