Kruger National Park

Besoekers wat Woensdag na en van die Nasionale Krugerwildtuin gereis het, kon nie deur die Krugerhek toegang tot die park verkry nie. Dit was weens betogings deur die plaaslike gemeenskap, het SANParke in ‘n verklaring bevestig. Die protesaksie het rondom die Cork Trust-omgewing, op die R536-pad, wat na die Krugerhek lei, plaasgevind. Isaac Phaahla, woordvoerder […]

Nog ‘n voorval het die etiek van jag in die Geassosieerde Privaat Natuurreservate (APNR) langs die Kruger Nasionale Park, beklemtoon. Dié keer was die slagoffer ‘n jong olifant, wat na bewering 13 keer voor getraumatiseerde gaste by Balule, ‘n reservaat binne die APNR, geskiet is. Ná die eerste skoot het die olifant begin skree en […]

Die Kruger Nasionale Park het vier voertuie bekendgestel wat gebruik sal word om toeriste met mobiliteits-uitdagings op wildbesigtigingsaktiwiteite te vervoer. Die 14-sitplek-aktiwiteitsvoertuie kan gewig van tot 250 kg oplaai. Algemene bestuurder van die KNP, Lucy Nhlapho, het gesê dit is om mense met gestremdhede die geleentheid te gee om die park makliker te besigtig. Nhlapho […]

Die oprig van dodelike kabelstrikke om diere te vang vir muti en vleis, is ‘n toenemende probleem vir veldwagters by die Kruger Nasionale Park. Die park se honde-eenheid-sentrumbestuurder, Johan de Beer, het gesê dat hulle sedert die begin van die jaar meer as 1600 strikke gevind het, waarvan sommige te laat verwyder is om die […]

SANParke het die eerste Moslem-gebedfasiliteit by die Skukuza Ruskamp in die Kruger Nasionale Park geopen. Dit is in ooreenstemming met internasionale norme, sowel as sy visie van ‘n “verbindende samelewing”. Vier verdere geriewe sal binnekort by Lower Sabie en Satara-ruskampe, asook die Afsaal- en Tshokwane-piekniekplekke geopen word. “Hierdie projek is gefasiliteer deur die SANParke Ere-wagters […]

Die South African Wildlife College se honde-eenheid en die Meerkat-projek, het die Kudu-toekenning vir innovasie ontvang. Hierdie eer kom kort op die hakke van nog ‘n pakhondsukses in die veld, en bewys weer dat hierdie innoverende benadering tot teenstropery werk. Die honde is op 13 November tesame met die Lugondersteuningseenheid ontplooi om die spoor van […]

‘n Beseerde teen-stropery hond raak al hoe meer gewild op sosiale media na ‘n onderonsie met ‘n leeu. Akita, ‘n agtjarige Malinois, is sedert 2012 by SANParke se teen-stropings-honde-eenheid. Johan de Beer, hondemeester by die Kruger Nasionale Park se honde-eenheid, het foto’s van ‘n vernielde Akita op die Facebook-groep “SANParke KNP RANGER DOGS” geplaas, wat […]

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het Maandag die veroordeling van ‘n renosterstroper tot 33 jaar tronkstraf,  deur die Skukuza-streekhof in die Kruger Nasionale Park, verwelkom. “Patrick Nkuna is in 2015 in die (KNP) Pretoriuskop-omgewing in hegtenis geneem tydens ‘n uitgebreide grond- en lugopvolg-anti-stropery-operasie. Kort voor die arrestasie van Nkuna en sy medepligtiges het hy probeer […]

‘n Multilaterale verdediging- en teenstropery-vergadering is hierdie week in Mpumalanga gehou – die vierde van sy soort. Die vergadering – aan die buitewyke van die Krugerwildtuin – is bygewoon deur verdedigings- en dienshoofde van die Botswana, Mosambiekse, Namibiëse, Zambiëse en Zimbabwe-weermag, asook senior amptenare van die departemente van polisie, justisie, omgewingsake en intelligensie. Die doel […]

‘n Groep toeriste van Australië af, het gedreig dat hulle nooit weer na die Kruger Nasionale Park sal terugkeer nie. Dit volg die geweldadige betogings wat op die R536 en R538 plaasgevind het verlede week. Die Numbi-, Paul Kruger- en Phabeni-hekke was geblokkeer as gevolg van protesaksies op die paaie. Toeriste in die park moes […]


Current track

Title

Artist

Background