kontant-in-transito

Twee kontant-in-transito rooftog-beskuldigdes, Fanike Mnisi en Sibusiso Mokoena, het voor die Kabokweni-streekshof verskyn op aanklagte van gewapende roof. Die mans is verlede Donderdag deur lede van Mpumalanga se CIT-taak in hegtenis geneem, ná ‘n ondersoek wat hulle aan kontanttransito-saak, van verlede jaar, koppel. Daar word beweer dat die verdagtes die SBV-gepantserde voertuig in die Kanyamazane […]

Plofstof is uit ‘n stoorkamer by die Bethal-myn in Mpumalanga gesteel. Volgens Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Leonard Hlathi, is dit onduidelik hoe die verdagtes daarin geslaag het om toegang te verkry tot die stoorkamer. 120 Maxam Magex-houers is gesteel. Daar word geglo dat die plofstof gebruik word in kontant-in-transito-rooftogte, OTM-ontploffings en ander verwante geweldsmisdade.

Die nasionale polisiekommissaris, Khehla Sitole, het die polisie in Limpopo geprys vir die inhegtenisneming van ʼn vermeende transitoroofbaas en vyf van sy meelopers vir die besit van beweerde gesteelde voertuie en terselfdertyd vir die moontlike voorkoming van ʼn rooftog. Hulle is opgemerk toe hulle die roete dopgehou het wat ʼn transitovoertuig in Groblersdal sou volg. […]

Goeie samewerking tussen die polisie en lede van Farm Watch het gelei tot die inhegtenisname van vier verdagtes. ‘n Kontant-in-transito rooftog het gisteraand buite Tzaneen plaasgevind, waartydens ‘n G4S geldwa deur ongeveer tien verdagtes in twee voertuie, van die pad gedwing is. Die geldwa se bande is glo papgeskiet. Die sekerheidswagte is met wapens aangehou, […]

Twee mans is gister tydens ‘n poging tot transito-in-kontant rooftog, in Langeloop, Mpumalanga beseer. Die geldwa was op pad na die nabygeleë dorpie Kamhlushwa toe ‘n wit Toyota-bakkie en ‘n BMW dit agtervolg en van die pad probeer dwing. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Die veiligheidswagte het glo ook versnel en met […]

‘n Gewaagde poging tot ‘n kontant-in-transito rooftog het gistermiddag op die pad tussen Barberton en Badplaas, plaasgevind. Daar word beweer dat sewe verdagtes in ‘n Toyota-bakkie met registrasie nommer FSB 395 MP, ‘n G4S-voertuig van die pad gedwing het. Die geldwa se kluis is met plofstof oopgeskiet, maar dit is nog nie duidelik of die […]

‘n Kontant-in-transito rooftog het in Bosbokrand plaasgevind. Dit volg etlike dae na die aanval op ‘n Fidelity geldwa in Boksburg, Gauteng. Ooggetuies in die Bosbokrand-aanval beweer dat daar ongeveer vyftien verdagtes was wat almal met swaar-kaliber wapens gewapen was. Twee geldwaens is van die pad gedwing waarna die kluis met plofstof oopgeskiet is. Daar is […]

‘n Lid van die Valke se elite Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoekeenheid is gister deur sy kollegas in hegtenis geneem in verband met kontant-in-transito rooftogte. Ondersoekbeampte Petrus Dokter Nkosi, het gister op verskeie aanklagte, insluitend sameswering om kontant-in-transito en gewapende roof te pleeg, voor die Nelspruit streekshof verskyn. Hy word ook van geldwassery, en die ongemagtigde gebruik […]

‘n Vermeende kontant-in-transito rower is laat gisteroggend glo deur sekuriteitsbeamptes in Burgersfort doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Leonard Hlathi het gese dat vier mans het ‘n geldwa se wagte by ‘n kompleks in die dorp aangeval. Die mans was met outomatiese gewere gewapen. Die groep verdagtes het in ‘n Amarok-bakkie gevlug toe lede van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy hulle […]

Die Laeveld word die afgelope paar weke geteister deur kontant-in-transito rooftogte. Nog ‘n voorval het gistermiddag in Nelspruit plaasgevind. Verdagtes in twee verskillende voertuie, het ‘n Fidelity geldwa na bewering na ‘n kliënt se perseel in Heyneke-straat agtervolg. Skote is gevuur en die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld in ‘n wit enkelkajuit bakkie […]


Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?