100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Stem ‘n Puma-speler in die Kampioene-span in

Written by on October 7, 2021

Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die span vir die eerste Carling Kampioene-wedstryd.
Die Carling Kampioene-span wat op 6 November op Loftus teen Kenia uitdraf sal heeltemal deur die publiek gekies word.
Jy kan vir enige speler van die sewe Curriebeker-spanne stem.
Die inisiatief is in samewerking tussen SA Rugby en die Curriebeker borg, Carling Black Label.
Die New Nation Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, het ‘n beroep op Laevelders gedoen om hul plaaslike spelers te ondersteun deur vir hulle te stem sodat hulle ook by die span ingesluit word.

Om te stem is maklik en kan geskied op drie platforms. Jy benodig egter ‘n kode. Drie is gratis verskaf: 7401, 7402 en 7403. Unieke kodes moet gebruik word om nog stemme uit te bring, en dit is verkrygbaar op spesiale Black Label bottels.
Jy kan met dié kodes stem via SMS na *120*660*, Facebook Messenger of by carlingcurriecup.com.


×